Koerde lewer terroriste uit aan Irak

Die Koerdiese vegters in Sirië het sowat 150 verdagtes wat as stryders van die Islamitiese Staat beskou word, aan die owerheid in Irak uitgelewer.

Die grootste aantal van die terroriste word deur die regering van Irak gesoek, en die militêre hoofde van Irak het die uitlewering verwelkom.

Die terroriste is deel van die Islamitiese Staat wat vir jare lank teen die regering in Irak geveg het, maar uiteindelik met behulp van die Koerdiese magte wat saam met die VSA gewerk het, die terroriste verslaan.

Vir etlike jare na 2014 het die IS terroriste groot dele van Irak, en verskeie stede en dorpe beheer tot die Koalisiemag onder leiding van die VSA begin het met ’n grootskaalse offensief en die vegters in Sirië en Irak feitlik geheel en al uitgewis het.

Die terroriste sou egter veel moeiliker verslaan kon word sonder die kundigheid van die Koerdiese vegters wat uiters bedrewe is met guerilla oorlogvoering.