Kelly is nuwe VSA ambassadeur

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die huidige Amerikaanse ambassadeur in Kanada aangewys as die land se nuwe ambassadeur in die Verenigde Nasies.

Kelly Knight Craft, het na wat berig word, die aanstelling aanvaar en sal waarskynlik binnekort verhuis na die VSA om haar nuwe kantoor te betrek.

Die 56-jatihe Kelly het bekendheid verwerf vir haar professionele optrede as ambassadeur, en neem die plek in van Nikki Haley wat twee mand gelede uit tie pos getree het.

Aanvanklik het die president vir Heather Nauert aangewys as VN ambassadeur, maar Republikeine was uiters verbaas toe sy twee weke gelede die aanstelling van die hand gewys het sonder om ’n sterk rde vir haar besluit aan te voer.

Foto – Kelly Knight Craft