Japanse ruimtetuig land op asteroïed

’n Ruimtetuig van Japan het suksesvol op ’n asteroïed geland wat sowat 340 kilometer van die aarde is.

Die ruimtetuig sal glo materiaal van die asteroïed versamel wat moontlik kan help om antwoorde te vind oor sy oorsprong en die “ontstaan van lewe”.

Werknemers by die Japan Aerospace Exploration Agency (JAXA) het die suksesvolle landing feestelik gevier toe Hayabusa2 verlede Vrydag sy sending suksesvol uitgevoer het.

Die tuig was egter net ’n kort tyd op die asteroïed, maar het ’n “pyp” daarheen aangelê wat ’n skoot afgeskiet wat van die materiaal losgemaak het en deur die pyp opgesuig kon word.

Die ruimtetuig sal glo binnekort sy lang tog terug aanpak met die kosbare “grondstof” wat ontleed sal word.