Hongarye verskerp aanwas projek

Eerste Minister Viktor Orban van Hongarye het aangekondig dat belastingvermindering vanjaar van toepassing gaan wees vir gesinne wat hulle gesinne vergroot.

Hy sê die belastings word verminder met die bedoeling om egpare aan te moedig tot groter gesinne, en sê die vermeerdering van Hongare is belangriker as om ’n klomp onwettige immigrante te moet finansier wat deur die EU op die land afgedwing word.

Die regering beoog om finansiële steun en subsidies aan gesinne te betaal om die geboortes te vermeerder onder volksgenote.

Premier Orban het in sy Staatsrede gesê die beleid is daarop ingestel om Hongarye eerste te stel bo die onwettige immigrante om die daling in getalle reg te stel.

Foto – Premier Viktor Orban