Honderde babas sterf daagliks

Nagenoeg 300 babas wêreldwyd sterf daagliks weens oorlog verwante voorvalle, sê die organisasie “Save the Children”.

Die organisasie sê alhoewel dit nie moontlik is om presiese getalle te bekom nie, is die skrikwekkende dat dit weerspieël word in die sterftes van 2017 se verslae.

Na raming leef een uit elke vyf kinders in die haglike omstandighede van oorlog en terroristiese geweld, wat beteken dat 420 miljoen kinders in sulke toestande leef..

Oorlog sones en gebiede waar geen hospitalisasie beskikbaar is nie, dra by tot die dood van 100,000 babas elke jaar in die tien gebiede waar die hewigste konflik woed, sê die organisasie.