Haiti deur protes lamgelê

Een van die grootste protes aksies wat nog ooit in Haiti gehou is, het die eiland totaal lamgelê wat uit verset teen President Jovenel Moise gevoer word.

Die optog gangers eis dat die president onmiddellik bedank weens sy klaarblyklike onvermoë om korrupsie aan yr spreek.

Die herhaalde optogte het ook ontaard in gewelddadige protes nadat verskeie mense in konflik met die polisie gekom het.

Dit is reeds die sesde dag van massaoptog wat die grootste strate van die hoofstad onbegaanbaar maak vir motoriste en voetgangers.

Port-au-Prince se openbare dienste soos munisipaliteit skole en winkels asook biblioteke is reeds vir dae lank gesluit terwyl paaie en strate afgesper is met brandende voorwerpe en klippe.

Die geweld het losgebars toe die polisie begin het om traangas teen die protesteerders te gebruik.

Ongeveer 60% van Haiti se 10 miljoen inwoners leef onder die broodlyn, en opstande word ’n alledaagse gesig van die sukkelend inwoners.