Guptas skuld Sun City geld

Die Gupta gebroeders skuld na ses jaar nog steeds geld aan Sun City vir die grootse troue van die eeu.

Sun City woordvoerder Zoleka Skweyiya sê egter dat dit nie so ‘n groot bedrag is as wat daar in die media van gemaak word nie.

Dit is onduidelik hoeveel geld uitstaande is van die geskatte R100 miljoen troue, en die moontlikheid vir invordering lyk glo nie goed nie.