GTS firma se kontrakte gekanselleer

‘n Sekuriteitsmaatskappy, GTS wat deel is van die Bosasa groep,  se kontrakte met die Departement van Justisie en Korrektiewe Dienste is gekanselleer.

Dit volg op dieselfde dag wat  die SA Inkomstediens op Bosasa se hoofkantoor toegeslaan het weens die beweerde korrupsie skandaal.

Die Voorberg Gevangenis in die Porterville omgewing is voorsien van sekuriteit-stelsels en TV’s skerms wat die sekuriteit moes opskerp.

Volgens inligting het die stelsel net een maand gefunksioneer maar hoeveel ander Korrektiewe instellings dieselfde probleme het, is nie bekend nie.