Gordhan se nege-punt plan

Minister Pravin Gordhan se nege-punt plan om die bankrot Eskom terug te kry op die spoor na sukses, word verwelkom deur nyweraars en sakelui wat tans diep bekommerd is oor die uiters swak funksionering.

’n Deskundige wat gemoeid is met die vervalle Eskom, sê die minister se planne kan bydrae tot moontlike herstel van Eskom.

Hy sê alhoewel dit na redelike planne lyk, gaan die baie geld en baie tyd vra om die sukkelende bedryf weer op eie bene te laat staan.

Die deskundige meen dat sal minstens R10 miljard kos en ’n span deskundiges om die bedryf effektief tee laat funksioneer.

Intussen is aangekondig dat deskundiges uit Italië se hulp ingeroep is om die swak diens te probeer herstel.

Waarnemers sê dit is duidelik dat die ANC regering nie van die uiters bekwame blankes van Suid-Afrika sal gebruik nie, want dit sal ’n direkte klap in die huige span se gesigte wees.

Foto – Pravin Gordhan