GladAfrica kry ‘n blye afskeid

Die burgemeester van Tshwane, Stevens Mokgalapa, het na bewering R250 miljoen aan GladAfrica gegee as ‘n goue handdruk nadat die Raad besluit het om alle bande met die maatskappy te beëindig.

Mokgalapa ontken dat dit ’n  “skenking”  is en sien dit as deel van die afhandeling van hul kontrak wat eindig op 30 Junie 2019.

Onwettige betalings van meer as R500 miljoen is reeds gedoen aan die omstrede maatskappy sedert hul kontrak begin het.

Bewerings word gemaak dat die munisipaliteit ook by ’n reeks korrupsie gevalle betrokke is, maar wat deeglik bewaarde geheime bly.