Gesprek met Katalonië val plat

Die kiesers van Katalonië se moed het gesak met die aankondiging dat die onderhandelings tussen die separatiste van die streek met die Sosialistiese minderheidsregering van Spanje nie sal plaasvind nie.

Die Spaanse regering het die voorgenome gesprek beëindig met beide kante se verklarings dat beide die teenparty wantrou..

Die Spaanse Eerste Minister, Pedro Sanchez, word deur kiesers bevraagteken oor sy beoogde gesprekvoering met die Kataloniërs, terwyl die vorige regering geweier het om met die separatiste te praat.

Die gesprek wat verlede Vrydag sou plaasvind, is afgelas nadat beskuldigings teenoor mekaar rondgeslinger is.

Die Adjunkpremier, Carmen Calvo, sê die separatiste het geweier om die raamwerk vir die gesprek te aanvaar wat deur die regeing van Madis opgestel is.