Gesondheidsorg in krisis

Volgens president Cyril Ramaphosa is dit duidelik dat die land se gesondheidsorg in ‘n krisis is en rehabilitasie nodig het.

Meer as 75% van staatshospitale se begroting gaan aan salarisse wat tot ernstige nadeel strek vir pasiënte wat weens ’n geld tekort nie behoorlike behandeling kry nie.

Volgens Ramaphosa gaan die Nasionale Gesondheid Versekering  Wet binnekort ter tafel gelê word wat gratis gesondheidsorg aan almal sal gee ongeag waar hul aanklop vir mediese sorg.

Kenners wys daarop dat Zuma se “gratis onderwys” die land se universiteite in chaos gedompel het, en nou kom sy opvolger en wil die totale gesondheidsorg van die land in ‘n gemors laat beland.

Die gevolg van die beleid sal lei tot chaos in privaat hospitale en kan die land se ekonomie finaal knak.