Gelykop stryd in Moldova verkiesing

Die Pro-Russiese sosialiste het wel die verkiesing in die Oos-Europese staat Moldova naelskraap gewen, maar die pro-Europese Unie kiesers het ’n kragtige vertoning gelewer.

Die presidentsverkiesing wat die afgelope naweek gehou is, se uitlag laat die land in ’n onseker toekoms met die pro-Russiese regering.

Die pro-Russiese Sosialiste van President Igor Dodon, het slegs een persent meer stemme getrek as die opponerende pro-Europese Unie party, nadat die Verkiesingskommissie die uitslag Maandag bekendgemaak het.

Moldovan was dekades lank onder Russiese beheer, en die land sukkel reeds dekades om uit die wurggreep van kommunistiese ideologie te kom, maar die jonger kiesers is stadig besig om die denke in die land te verander.