Franse “Geel hemde” protesteer steeds

Protes teen die sosialistiese regering van die Franse president, Emmanuel Macron, het ’n nuwe rekord bereik deur die “Geel Hemde” wat nou in die vierde maand van verset is.

Die protes teen die beleid van president Macron het nou so hewig geword met die derduisende mense wat die afgelope naweek die strate van Parys beset het, dat politieke ontleders vrees dat die president genoodsaak sal wees om die verkiesing te vervroeg.

Die protesteerders is woedend vir die regering wat nou vir die 14 de keer in ’n ry die brandstofprys verhoog het, en het anders as vorige optogte, gesorg dat die naweek se protes vreedsaam verloop.

Die protesteerders sê die Macron-regering is toegespits op voordele vir die ryk mense van die land, terwyl die ander in armoede verval.

In ’n meningsopname is aangedui dat die Franse president se ongewildheid nou so groot is dat hy hoogstens 27% van die kiesers se steun het.