Europese Unie vergroot “vuil geld” lys

Die Europese Unie se “vuil geld” naamlys behoort uitgebrei te word om ook Saoedi Arabië in te sluit, asook lande soos Nigerië, Panama en ander lande wat hulle skuldig maak aan internasionale wanpraktyke.

Die oproep kom van die Europese Kommissie nadat die Europese Parlement hulle kommer uitgespreek het oor seker vorme van wanpraktyke in ander lande wat oënskynlik deur regerings verdra en toegelaat word.

Die verantwoordelike EU verteenwoordiger in die verband, Vera Jourova, het gevra dat die lys van 16 tot 23 terreine uitgebrei word wat ook die bank sektor sal insluit.

Die Kommissie het reeds in beginsel die voorstel aanvaar, maar die Europese Parlement moet dit later hierdie maand oorweeg alvorens die lys vergroot kan word.