Eskom se korrupsie onoortreflik

Dit blyk dat die korrupsie wat in Eskom heers, meer is as al die ander entiteite wat ook gebuk gaan onder die euwel.

Dit is die mening van ’n onafhanklike politieke ontleder in Pretoria wat sê die ongekende skaal van wanbestuur en omkopery het elke Suid-Afrikaner ten diepste geraak en benadeel.

Met ’n enorme skuldlas het Eskom base nog steeds kans gesien om die verbruiker uit te mergel met ongeregverdigde prysverhogings en ’n bedenklike dienslewering.

Hy sê die derdegraadse steenkool wat van die Guptas gekoop is terwyl uitstekende gehalte teen goedkoper pryse elders bekom kon word, is ’n rede om die skuldiges lewenslank agter tralies te sit.