Eskom krisis verdiep verder.

Die krisis in Eskom is besig om al groter te word, en kan Suid-Afrika se ekonomie finaal knak tot rommel status.

Minstens vyf kragopwekker-eenhede het by Medusi Kragstasie ingegee en dit het die sentrale byna laat “versuip” in die steenkool se uitgebrande as.

Deskundiges sê dit is kommerwekkend dat ’n nuwe kragsentrale se opwekkers so gou ingee en slegs herstel kan word deur ’n stywe herstelkoste rekening wat miljoene Rand kan beloop.

Die ophoping van as is glo toe te skryf aan die kontrakteur, Clyde Bergemann Africa (CBZ) se besluit om te onttrek van die kragstasie.

Eskom slaag klaarblyklik daarin om verbruikers te verwar deur dikwels sy beurtkrag fase te verander, en beskik ook nie oor die vermoë om deeglike kommunikasie te vestig wat duidelik verstaanbaar is oor hoe beurtkrag ingedeel word nie.