Duitsland ontwikkel borskanker bloedtoets

Borskanker laat meer vroue sterf as enige ander kanker, en dokters in Duitsland het nou ’n nuwe bloedtoets ontwikkel wat meer akkuraat is om vas te stel of die pasiënt wel borskanker het.

In 2018 het meer as 627,000 vroue in die wereld gesterf aan borskanker, Qt 15% is van alle kanker verwante sterftes vir die betrokke jaar.

Nou bestaan die hoop dat die geweldige hoë sterftes verminder sal word in die toekoms met die jongste metode van bloedtoets wat deur Duitse navorsers ontwikkel is.

Die navorsers by die Heidelbergse Universiteit Hospitaal in Duitsland sê die bloedtoets is betroubaar en kan gou vasstel of die pasiënt borskanker het.

Die toets is so doeltreffend dat dit selfs ’n pasiënt wat nog nie die kanker het nie, kan identifiseer as iemand wat later borskanker sal opdoen.

Die wetenskaplikes sê die nuwe metode sal uiteindelik die bestaande skandering uitskakel wat ook nie baie akkuraat is nie.