Duitsland ekonomie toon reuse oorskot

Die kragtige ekonomie van Duitsland is weereens bevestig met die afgelope boekjaar se totale surplus van €58 miljard op die begroting.

Die oorskot is gerealiseer op Federe, sowel as op streekvlak vir die 2018 boekjaar, en is moontlik gemaak deur die groei in werksgeleenthede en die laer rente op lenings, sê ’n woordvoerder van die Statistieke Departement.

Dit is bekend dat Duitsland die enigste land ter wêreld is wat geen buitelandse skuld het nie, en dus geen rente aan buitelandse instellings of aan die Internasionale banke te betaal nie.

Duitsland se Ontvanger van Inkomste het in die 2018 boekjaar €1,543.6 miljard ingevorder en het uitgawes van €1,485.6 gehad wat die reuse surplus realiseer.