Duitsland benodig duisende werkers

Die kragtige Duitse ekonomie en die dalende geboortesyfer van die Duitse volk, is die twee belangrikste komponente waarom die regering na immigrant kyk as ’n oplossing vir die tekort aan werkers in die arbeidsmag.

In ’n studie wat pas voltooi is, blyk dit dat Duitsland minstens 260,000 mense uit ander lande moet kry om in die stygende vraag na werkers te voldoen.

Dit blyk dat die land jaarliks sowat 145,000 werkers sal moet kry van ander lande wat nie lidlande van die Europese Unie is nie.

Nasionalistiese leiers sê die tekort aan werkers behoort eerder met ’n projek aangevul te word soos Hongarye wat subsidie aan egpare btaal om groter gesinne te hê.