Duitse koalisie verloor duisende kiesers

Bondskanselier Angela Merkel se koalisieregering is besig om al meer kiesers te verloor wat die regering uiteindelik tot ’n val kan bring.

Die regerende koalisie van die Christen Demokrate Unie (CDU) saam met die suster in Bavaria, die Christen Sosiale Unie (CSU) en die linkse Sosiaal Demokrate Party het volgens die jongste peiling, derduisende kiesers se steun verloor in die afgelope jaar.

Die ondersteuners van die Sosiaal Demokrate wend hulle glo na die sukkelende Groen Party, terwyl die konserwatiewe Vrye Demokrate en die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland die nuwe tuiste is vir mense uit die CDU en CSU.

Die nuwe leier van die CDU, wat Merkel se plek ingeneem het, Annegret Kramp-Karrenbauer, sien glo hoe die mense haar party verlaat, en het sedert die begin van 2018, reeds meer as 11,000 lede verloo wat beteken die CDU se ledetal staan op 415,000.

Die suster in Bavaria, die CSU, het meer as 4000 lede verloor in dieselfde tyd, wat die party se totale ledetal op hoogstens 139,000 bring.

Die Sosialistiese Demokrate het meer as 5,000 lede verloos, wat die party se totaal afgebring het na 443,000.

Al drie die koalisiepartye het ’n skerp afname beleef, en in die afgelope twee dekades gesamentlik meer as die helfte van hulle lede verloor.

Foto – Kanselier Angela Merkel