Dokters konkel met uitlaatgas verslag

Slegs 112 van die 3,800 long-dokters is gevra om ’n kontroversiële studiestuk in Duitsland te onderteken oor die invloed van voertuig uitlaatgasse op die mens.

Die organiseerders het nou erken dat hulle ’n gemors gemaak het van die hele verslag wat onlangs tot hewige debat in Duitsland gelei het.

Dit blyk ook dat die verslag deurspek is van foute wat dur wetenskaplikes uitgewys is.

Die voormalige hoof van die Duitse Vereniging vir Longkwale,  Dieter Köhler, het erken dat foute gemaak is wat deur hom en 111 ander long spesialiste onderteken is.

Köhler erken ook dat daar geen wetenskaplike benadering gevolg is met die uitwerking wat voertuie se uitlaatgas op die mens se longe het nie.

Die 112 geneeskundiges het, om hulle bewerings te ondersteun, ’n 80-jarige nie-roker se longe vergelyk met die inname van die nadelige gas van voertuie, en afgelei dat die skade dieselfde is as wanneer die persoon al die jare gerook het.