Die miljoene rol in

Die Guptas is gehelp om die Optimum myn te koop deur ‘n vooraf-betaling van R659 miljoen deur Eskom, aldus Clinton Ephron, vorige hoof van Glencore.

Eskom se vingers was nog verder in die onderhandelinge deurdat hul Optimum Coal beboet het met R2,1 miljard vir sogenaamde verskaffing van lae-graad steenkool.

Dit het Optimum Coal verplig om in sake-redding te gaan. Die gerugte is dat Eskom nie enige boetes gehef het teen Tegeta se Brakfontein myn vir hul verskaffing van lae-graad steenkool nie.

So is Ngoako Ramatlhodi afgedank as Minister van Mynwese en vervang mat die Gupta kandidaat Mosebenzi Zwani.

Foto – Mosebenzi Zwani.