Deurslaggewende hofsaak oor Roundup begin

’n Sleutel hofsaak het in die Amerikaanse hof van San Francisco begin teen die vervaardigers van die omstrede Roundup onkruiddoder.

Monsanto word daarvan beskuldig dat sy onkruiddoder verantwoordelik is vir ’n werker se kanker wat vir ’n geruime tyd die spuitstof moes gebruik in die tuin waar hy werksaam wa.

Monsanto, wat deur die Duitse reus, Bayer, oorgeneem is sal in die hofsaak betrek wees na hy ses maande gelede eienaarskap gekry het van Monsanto en die omstrede spuitmiddel.

Roundup bevat ’n aktiewe bestanddeel bekend as glyphosate wat volgens die eisers, kanker veroorsaak deur voortdurende kontak daarmee te hê.

Monsanto beweer dat intensiewe navorsing en toetse getoon het die die middel se aktiewe bestanddele veilig is om te gebruik, en nie kanker sal veroorsaak nie.

Monsanto beweer dat die aktiewe bestanddele regoor die wereldw gebruik word as onkruiddoder, en het nêrens enig spoor van kanker by die mens getoon nie.