Dertien IS terroriste tereggestel

Die president van Irak, Barham Saleh, het gesê sy land sal ’n proses begin om die Islamitiese Staat terroriste wat ook in Frankryk was en later in die Midde-Ooste geveg het, volgens Irak se reg hanteer.

Die terroriste is deur die Koerdiese magte in Sirië uitgelewer aan die regering van Irak om te betaal vir hulle terreurdade.

Die Europese lande is traag om die IS terroriste wat in hulle lande geregistreer is as inwoners, en wat in die Midde-Ooste geveg het, terug te neem en te verhoor vir hulle misdade.

Irak sal die dertien terroriste wat uit Frankryk afkomstig is, waarskynlik na skuldigbevinding teregstel soos wat voorheen ook met IS vegters gedoen is.