Cosatu wil SA lamlê

’n Woordvoerder van die vakbond Cosatu sê die organisasie beplan om Suid-Afrika volledig lam te lê op finansiële gebied.

Die vakbond sê die aksie word beplan om voor die nasionale begroting in die parlement toegepas te word “sodat die kommer oor belangrike sake aangespreek kan word”.

Cosatu wil die griewe van sy lede en werkers uitlig, en dit so te doen dat die Minister van Finansies dit in sy begrotingsrede kan beklemtoon.

Die vakbond sê die bedoeling is dat Minister Tito Mboweni kan noem van hoeveel werksgeleenthede verlore gaan, en hoe korrupsie ’n uitwerking het op die werkersklas.

Die minister moet aandag gee aan die herverdeling van bronne tot voordeel van die werkersklas, is glo gesê.

Sizwe Pamla sê die verwagting is dat duisende werkers aan die massa optog gaan deelneem en die werkers gaan eenvoudig tuis bly, en geen werk doen nie, wat die land ekonomies sal verlam.