Castor Semenya gaan hof toe

Die omstredenheid aangaande die atletiek deelname van Castor Semenya gaan blykbaar eindig in die hof nadat die base van Internasionale Atletiek oorweeg om sekere wysigings in regulasies aan te bring.

Die testosteroon vlakke behoort te verlaag, reken die atletiek base, om die mededinging meer :geregverdig’ te maak, maar daar bestaan twyfel of so ’n maatreël geregverdig kan wees.

In Frankryk is ’n soortgelyke geval in die hof besleg, en het die atleet die saak gewen, wat ’n aanduiding is dat die atleet van Suid-Afrika ’n redelike kans het om ook te wen.

Semenya het glo aangedui dat sy so ’n maatreël in die hof sal teenstaan wat volgens menseregte aktiviste ’n groot oorwinning vir geregtigheid gesien word.