Britse vervaardiger toon reuse verlies

Die Britse vervaardigers, Jaguar Land Rover, het ’n verlies van meer as  £3.4 miljard getoon weens ’n afname in aanvraag vir die voertuie.

Die afname het veroorsaak dat die reuse verlies in die laaste drie maande van 2018 gerealiseer het, en kommer bestaan dat die verliese verder gaan ophoop.

’n Woordvoerder van die vervaardiger sê die verlies word hoofsaaklik toegeskryf aan die drastiese afname wat ondervind word in diesel aangedrewe voertuie, wat hoofsaaklik Land Rover modelle is.

’n Bykomende faktor is die afname in aanvraag vanuit China weens die land se ekonomiese krisis, en Brittanje se grootste voertuig vervaardiger sukkel nou om die mas op te kom terwyl 4,500 mense se werk in gedrang gaan kom.