Britse Arbeidersparty skeur oor Brexit

’n Groep parlementslede het uit die Britse Arbeidersparty weggebreek en die “Onafhanklike Groep” tot stand gebring weens ernstige verskille met die partyleier, Jeremy Corbyn.

Die Groep sê hulle is nie meer tevrede met die leierskap van Corbyn nie, en het daarom besluit om onafhanklik te staan in die parlement.

Alhoewel net sewe parlementslede die Arbeiders vaarwel toegesê het, is dit ’n ernstige terugslag vir die party wat maar net nie daarin slaag om te groei nie.

Die groep se belangrikste rede vir die wegbreek is omdat hulle nie die Arbeidersparty se steun vir Brexit aanvaar nie en hulle beskuldig die partyleiding daarvan dat hulle onstabiel is..

Foto – Partyleier Jeremy Corbyn