Brexit datum dalk verskuif

As die Britse Eerste Minister, Theresa May, nie daarin slaag om die parlement te oortuig om haar ooreenkoms met die EU goed te keur nie, sal Brexit se uittrede dalk na ’n later datum verskuif word.

Die moontlikheid word voorsien dat premier Theresa May dan ’n datum in 2021 sal probeer beding by die Europese Unie vir ’n datum van uittrede.

Om so ’n datum verandering te beding is waarskynlik ’n tydelike oplossing, maar kenners sê die voordeel daarvan vir premier may is hoogstens dat sy staatmaak op ’n nuwe span by die Europese Unie wat bereid sal wees om die onderhandelinge te hervat wat tot nog toe deur die EU geweier is.

Die verdeeldheid onder die Britte is die ergste wat die land nog ondervind het sedert die Tweede Wêreldoorlog, en ontleders sê dit kan die hele gang van die Britse politiek en die politieke partye verander.