Breekpunt tussen Indië en Pakistan

Die spanning tussen Indie en Pakistan het byna breekpunt bereik, en gevaarligte flikker nadat ’n aanval uitgevoer is op ’n Indiese militêre basis.

Die Eerste Minister in Pakistan het sy militêre hoofde versoek om te reageer op “enige aggressie” wat deur Indie openbaar word.

Indie se Minister van Infrastruktuur, Nitin Gadkari, het aangekondig dat sy land besluit het om “die water toevloei na Pakistan vanaf Indie te stop.”

Met die aankondiging het die spanning tussen die twee lande breekpunt bereik, en politieke ontleders sê ’n ernstige konflik kan nou slegs deur bemiddeling gestop word.

Indie blameer Pakistan vir die aanval op sy basis waarin 40 paramilitere soldate gedood is, maar Pakistan ontken enige betrokkenheid by die voorval.

Die waterregte van die gebied word beskerm deur die 1960 Water ooreenkoms wat Indie beheer gee oor die watervloei na Pakistan vanaf Indië, maar Pakistan beheer weer die westelike deel van die watervloei..