Australië ondersoek parlement-kaping

’n Poging om in te breek op die parlementêre besonderhede van Australie word deur deskundiges ondersoek.

Die ondersoek word gedoen na die Federale Parlement se rekenaar gegewens en die gekoppelde netwerk nadat die vermoede ontstaan het dat ’n kaping probeer is.

’n Aantal sekuriteit boodskappe het verskyn op rekenaarskerms wat die stelsel beskerm, maar wat die vermoede bevestig dat iemand probeer het om op die stelsel in te breek.

Die Speaker van die Australiese Huis van Verteenwoordigers, Tony Smith het die aanval bevestig en gesê die ondersoek gaan voort.

Uiters belangrike inligting word op die netwerk gestoor, en die stelsel se beveiliging sal ook opgeskerp word na afloop van die ondersoek.