Australië koop duikbote by Frankryk

Die regering van Australië het ’n bestelling van 12 duikbote by Frankryk geplaas wat deur die Naval Groep gelewer sal word.

Dit is die grootste enkele bestelling vir duikbote wat Australië nog vir sy Verdedigingsmag geplaas het.

Seevaart deskundiges meen egter dat die bestelling groter moes wees om aan die behoeftes te voldoen van ’n land met so ’n geweldige lang kuslyn.

Die ooreenkoms tussen Frankryk en Australië is in Canberra onderteken wat ’n bedrag van meer as €31miljard (Aus $50 miljard) beloop.

Die Australiese regering beoog ook om ’n groter invloed uit te oefen in die seegebied na Sjina en Indië ter ondersteuning van die VSA.