Atletiek base wil testosteroon vlakke verlaag

Die Internasionale Atletiek Unie gaan volgende week ‘n saak aanhangig maak waarin gepoog gaan word om atlete van “verskille van seksuele ontwikkeling” te verplig om testosteroon vlakke te laat toets.

Indien die vlakke te hoog is, sal die atleet verplig word om die vlakke te verlaag voordat hul aan internasionale kompetisies kan deelneem.

Castor Semenya van SA is die mees waarskynlike atleet wat as manlik voorkom en aan sulk toetse onderwerp sal word.

Die toetse sal vir atlete geld wat in die 400 meter tot en met die een myl afstande deelneem.  Indien die aanbeveling aanvaar word sal Semenya die grootste deel van die 2019 buitemuurse seisoen misloop.