ANC woordvoerders moet terugstaan

Nadat die ANC se twee top segsmanne beide aangekla is vir seksuele misdrywe het die ANC eers aangekondig dat die twee, Pule Mabe en Zizi Kodwa,  tydelik geskors is hangende die ondersoeke teen hulle.

Daarna draai die party  om en sê dat beide ingestem het om hul poste te verlaat.  Volgens Ace Magashule is die besluit van die twee ‘n teken van goeie leierskap.

Waarnemers het in reaksie op die gebeure gesê die twee persone is ’n simbool van uiters swak leiers wat onverantwoordelik opgetree het, en waarskynlik meer oortredings begaan het waarvan niemand nog bewus is nie.

Foto – Ace Magashule