ANC betrokke in korrupsie en bedrog?

Nuus hoogtepunte die afgelope jaar word toenemend in beslag gelê deur berigte van hooggeplaaste ANC ondersteuners en regeringslede wat betrokke is, of geskors is, of herontplooi word.

Elke oortreding is weens wangedrag, omkopery en seksuele teistering.   Zuma en die Guptas was van die hoof rolspelers.

Die nuutste geval bekend is die ANC se waarnemende woordvoerder, ene Zizi Kodwa wat volgens die ANC beskuldig word van verkragting.

Dit volg slegs ‘n week na Pile Mabe deur die ANC onskuldig bevind is van seksuele teistering wat tot baie meningsvormers se verwagtinge is.

Die ANC het die klag teen Kodwa verwys na wetstoepassers aangesien die aangeleentheid “privaat” is.

Daar kon nie bevestig word of die klaagster ook ‘n ANC lid is nie. Kodwa maak die aanklag af as politieke manipulering en afpersing.

Foto – Zizi Kodwa