Al weer beurtkrag

Die nasionale kragvoorsiener kan maar net nie die mas opkom nie, en het aangekondig dat beurtkrag ingestel word om die “reserwes” op te bou.

Eskom sal vanaf vandag tot minstens Sondag die Suid-Afrikaanse verbruikers en sakesektor teister met ’n Fase Een stelsel.

Dit sal die land weer sowat R3 tot R4 miljard uit die sak van die belastingbetalers kos, en druk die skuldlas van die land nog ’n ent nader aan die afgrond, sê ’n ekonoom van Pretoria.