Airbus woedend oor Duitse regeringsbeleid

Die Hoof Uitvoerende Beampte van Airbus, Tom Enders, sê Duitsland se beleid om wapenverkope aan Saoedi-Arabië te blokkeer, is om werkloosheid te bevorder en ekonomiese werklikhede te ignoreer.

Hy sê die tyd kan aanbreek dat vervaardigers “Vry van Duitsland” as benadering kan volg ten einde hulle produksielyn aan die gang te hou.

Hy se die beleid van Duitsland kan ook toekomstige gesamentlike verdedigings projekte verongeluk en ondermyn, terwyl sulke projekte juis in belang van Europese lande is.

Hy reken die regering se beleid veroorsaak ongeduld by Duitsland se Airbus vennote in Brittanje, Frankryk, en Spanje, omdat die verbod toekomstige handelstransaksies met wapentuig ernstige ekonomiese implikasies het.

Airbus het reeds groot verliese gelei nadat talle lande hul bestellings vir passasiersvliegtuie gekanselleer het, en die omvang daarvan is so groot dat die maatskappy die produksie van sy Airbus A380 vliegtuie gestaak het en slegs bestaande bestellings sal vervaardig.