Afleggings kom by goudmyne

Sibanye Goud is besig met herstrukturering van sy myne en dit kan lei tot die afdanking van 6, 000 werkers. Die Beatrix en Driefontein myne is van die myne wat moontlik gesluit kan word met gepaardgaande verlies van 5,870 werkers en 800 kontrakteurs.

Dit kom in ‘n tyd wat werkloosheid die hoogte in skiet terwyl die ANC regering verkondig dat die werkloosheid verminder en die vooruitsigte vir verdere vermindering uiters belowend is.

Die president het in die parlement gesê die herstel program van Eskom beteken nie dat die ontbondeling ’n vermindering van werkers sal meebring nie.