Zuma se sang loopbaan

Asof hy nie genoeg skade aangerig het in die land nie wil Jacob Zuma nou ‘n sang album uitbring met “struggle” liedere.  Die Durbanse Parke, Rekreasie en Kultuur departement steun die onderneming en gaan Zuma bystaan met die opnames wat glo geskiedkundige waarde het.

Volgens Thembinkosi Ngcobo van die parkeafdeling is Zuma ‘n talentvolle man.  Waarnemers vra of hy ook sing van sy “struggle” om sy regskoste rekeninge te betaal?

Daar bestaan ook kommer dat hy sy sogenaamde “struggle” liedjies gaan sing wat ondermeer verwys na sy gewere en hoe die blankes geskiet moet word.

Foto – Sanger Zuma