Zuma kry toe R300,000 ekstra per maand

Die voormalige hoof van Bosasa, Angelo Agrizzi, het in sy getuienis lewering voor die Kommissie oor Staatskaping bekend gemaak dat Jacob Zuma maandeliks duisende Rand ontvang het van die organisasie.

Hy het gesê Bosasa het maandeliks ’n bedrag van R300,000 aan Jacob Zuma betaal en was “op die betaalstaat” van die maatskappy.

Na bewering het mens gesien wat in die verklarings van Angelo Agrizzi opgeteken is, en dat Gavin Watson glo gereeld betalings aan Zuma gemaak het om nie van sy handelinge bekend te maak nie.

Politieke ontleders reken dit gaan Cyril Ramaphosa baie lank neem om al die korrupsie hok te slaan, terwyl ander reken dit gaan eerder toeneem in geldwaarde sowel as in die aantal gevalle.

Angelo Agrizzi het ook gemeld dat daar ander mense is wat gedeel het in die bykomende inkomste, en het verwys na twee mense wt elk R100,000 ontvang het om t swyg.

Foto – Angelo Agrizzi