Wreedaard wil wittes help

Luvuyo Menziwa, wat vroeër as studente leier verbonde was aan die Universiteit van Pretoria, en op die sosiale netwerk gesê het alle witmense moet doodgemaak word, het glo verander van mening.

Menziwa is voorheen, iewers in 2016 in die Gelykheidshof skuldig bevind vir haatspraak omdat hy die rassistiese uitlating gemaak het wat tuishoort by ’n wreedaard.

Nou, drie jaar later is die wreedaard en ondersteuner van die EFF van Malema, glo bekeer en gemotiveer om arm blankes in blanke plakkerskampe te help.

Hy wil ondermeer help dat hulle dokumente reg ingevul is om te kwalifiseer vir sosiale gratifikasie van die regering.

Foto – Luvuyo Menziwa