Wêreldbank: Ivanka Trump dalk nuwe hoof

Die naam van president Donald trump se dogter Ivanka, word in die hoër kringe genoem as ’n moontlike plaasvervanger vir die hoof van die Wêreldbank.

Jim Yong Kim, die huidige hoof, het onverwags en baie skielik, sy uittrede aangekondig uit die Wêreldbank.

Ivanka beklee tans ’n senior pos in die Amerikaanse Wit Huis, en die berig wat in die Financial Times verskyn het, kon nie geverivieer word nie.

Indien Ivanka wel belangstel in die pos as hoof van die Wêreldbank, sal sy moet opweeg teen swaargewigte soos David Malpass, ’n senior in die kantoor van die Minister van Finansies.

Sy sal ook teenoor Nikki Haley, die voormalige VN-ambassadeur van die Trump-administrasie, te staan kom wat glo ook belangstel in die pos.

Foto – Ivanka Trump