Wêreld Nuusflitse

Zimbabwe

Die hof in Zimbabwe moes hoor dat die voormalige president van Zimbabwe, Robert Mugabe, besteel is van $1 miljoen wat in sy huis versteek was. Drie verdagtes het in die hof verskyn op aanklag van diefstal.

Texas

Die owerheid in die Amerikaanse deelstaat Texas het 58,000 nie-burgers van die VSA gevind wat in die presidentsverkiesing onwettig aan die stemming deelgeneem het, en sê in totaal was 95,000 mense onwettig op die stem lys van Texas.

Kanada

Die Kanadese regering het sy ambassadeur in Sjina ontslaan nadat hy negatiewe opmerkings gemaak het oor ’n aangehoudene in sy land.

VSA

Die “afsluiting” van die Amerikaanse regering wat meegebring het dat sekere staatsamptenare vir 36 dae nie gewerk het nie, kos die land $6 miljard, wat meer is as die bedrag wat president Trump gevra het om die muur op te rig.

Filippyne

Minstens agt mense het omgekom en talle is beseer in twee bomontploffings by ’n besige sentrum in die Filippyne, en die polisie soek na die skuldiges wat glo verbonde is aan ’n terreurgroep op die eilande.

Afghanistan

Vredesonderhandelinge tussen die Taliban  en die VSA is op dreef en die moontlikheid van ’n permanente oplossings vir die oorloggeteisterde land is nou in sig.