Watson bied R50 miljoen swyg geld

Die Watson familie het glo aangebied om R50 miljoen te betaal aan die fluitjieblaser, Angelo Agrizzi, wat tans met die hele sak patats na vore kom oor Bosasa se bedrog.

In ruil vir die reuse bedrag wat aangebied is, sou Angelo Agrizzi, slegs nodig gehad het om te swyg oor die enorme korrupsie wat in Bosasa gepleeg word.

Die gegewens het na vore gekom in dokumente wat intussen na die media gelek is en waarskynlik in die ondersoek gebruik gaan word as bewysstukke.

Die omkopery sou as ’n “saketransaksie” beskou word waarin ondermeer beplan sou word dat Angelo Agrizzi ’n nuwe maatskappy op die been sou bring en daarvoor sou Watson R10 miljoen betaal.

Gavin Watson was nie beskikbaar vir kommentaar oor die bewerings nie, en waarnemers reken daar is waarskynlik nog lelike “transaksies” wat nog bekendgemaak sal word.

Foto – Gavin Watson