Wat sal Ramaphosa tot helderheid ruk?

Die ANC se droom dat die besit van grond die faktor is wat armoede verdryf, is so vêr van die waarheid soos wat Uganda dekades gelede ontdek het.

Die radikalis, Idi Amin, het tydens sy regering ook gedink sy mense sal uit hulle armoede verlos word as hulle grond besitters word.

Die Indiërs wat ook die voedsel produsente van die land was, is van hulle grond ontneem op n grondgryp stelsel soos die van Ramaphosa in Suid-Afrika.

Kort na die eerste onteienings deur Amin begin is, het beleggers die land begin verlaat, en teen die tyd dat Amin sy droom van grond verwoes armoede voltooi het, was die land ekonomies in ’n laagtepunt en sy geldeenheid, die Sjieling feitlik waardeloos.

Vandag, dekades later, sukkel Uganda steeds om sy ekonomiese  toestand te probeer verbeter, want die grond waaroor almal gedroom het, het toe nie rykdom gegee nie.

Ramaphosa sal die duur les nog leer, net soos wat Robert Mugabe gesien het hoe sy land agteruit gaan omdat hy die blanke voedsel produsente verruil het vir onbekwame grond honger leeglêers.

Ongelukkig sal Ramaphosa nie oor 50 jaar van nou af, sien hoe Suid-Afrika steeds mank gaan aan ’n ekonomie wat voorspoed bring deur goed opgeleide en hardwerkende mense wat vorentoe beur sonder om rykdom te probeer steel.

Die eens spogplaas wat sy sitrus produksie miljoene Rand vir die land beteken het, en nou in swart hande is, krepeer, maar Ramaphosa sien dit nie raak nie, net soos wat Idi Amin en Mugabe ook te dom was om hulle fout raak te sien.

Dirk Vermeulen