VW en Ford in vennootskap

Volkswagen het aangekondig dat hy ’n nuwe elektriese voertuig in die VSA gaan produseer by sy nuwe aanleg in Chattanooga wat opgerig word teen ’n bedrag van $800 miljoen.

Die Duitse vervaardiger begroot om sowat een miljoen van die voertuie te verkoop teen die jaar 2025 en gaan ook na onderhandelings nader aan Ford beweeg.

Die hoof van Volkswagen, Herbert Diess,  het die aankondiging gemaak tydens die Noord-Amerikaanse Internasionale Motorskou wat in Detroit aangebied word.

Volkswagen se nuwe aanleg in Chattanooga sal ’n oppervlakte van sowat 560 hektaar beslaan terwyl die ander aanleg in Tennessee steeds voortgaan met sy 3,500 werknemers.

Intussen duur onderhandelinge voort tussen Volkswagen ’n Ford oor die moontlikheid van ’n vennootskap, maar meer besonderhede is nog nie bekend gemaak nie.