VSA vervolg Sjinese maatskappy

Die Verenigde State van Amerika het aangekondig dat vervolging ingestel word teen die Sjinese telekommunikasie reus Huawei.

Die vervolging kom nadat die finansiële bestuurder van die maatskappy in Kanada in hegtenis geneem is weens beweerde spioenasie op tegnologiese gebied in die VSA.

Die optrede het die sensitiewe verhouding tussen Washington en Peking ’n verdere knou toegedien, en tans is daar ’n gespanne atmosfeer tussen die twee lande.

Die maatskappy se finansiële bestuurder Meng Wanzhou, wat in Kanada gearresteer is op aanvraag van Amerika, word ook vervolg te midde van ernstige besware wat deur Sjina geopper is.

Wanzhou het blykbaar op VSA maatskappye gespioeneer wat in die vervaardiging van toerusting van hoë tegnologie spesialiseer.

Amerika het ook ’n klag ingedien van bedrog wat gepleeg is teen ’n Amerikaanse bank, en sal saam met die spioenasie aangeleentheid in die hof dien.

Later het Sjina van deuntjie verander en gesê die spioen het die nasionale veiligheid van die land in gevaar gestel.