VSA vervolg seniors van Audi

Vier van die motorvervaardiger Audi se hoofde word vervolg in die VSA weens hulle beweerde betrokkenheid by die diesel skandaal deur Volkswagen en sy ander maatskappye waarvan Audi een is.

Die nuwe vervolging kom nadat Volkswagen reed sowat €800 miljoen moes opdok en Volkswagen miljarde moes uitbetaal aan voertuig eienaars in die VSA.

Die vier ingenieurs wat ook bestuursposte beklee en van Duitsland afkomstig is, word ondermeer van bedrog aangekla en oortreding van die Amerikaanse “Skoon Lug Wette”.

Na bewering is die Audi dieselmotors se uitlaatgasse in die 3-liter modelle tot 27 keer hoer as wat die stelsel aandui, en word die ingenieurs beskou as die wet oortreders.