VSA roep diplomate terug uit Venezuela

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het die diplomatieke personeel in Venezuela teruggeroep.

Slegs enkele led van die diplomatieke korps wat in die geteisterde land is, sal steeds daar wees om die VSA op hoogte van sake te hou oor verwikkelinge wat van belang mag wees.

Die optrede volg nadat die VSA ’n ultimatum gestel het aan die omstrede president van Venezuela om nie in te meng met die diplomatieke personeel van die VSA nie.

Minister Pompeo het ook die Amerikaanse burgers in Venezuela versoek om eerder die land te verlaat as dit moontlik is, aangesien die situasie aldaar uiters plofbaar geword het.

Intussen het president Donald Trump die opposisieleier van Venezuela,  Juan Guaido, erken as tussentydse regeerder aangesien sy party die meerderheid vorm in die Nasionale Vergadering van die land.